Floris A. Brown 

      laatste update 7 november 2001


     Previous Home Next

biografie gedigte: contact
bibliografie Rieng-rieng-rieng, 2001  
sitate Bewaarder, 2001  
     




BIOGRAFIE

Floris Brown is gebore op 10 September 1948 te Worcester in die Boland, Suid-Afrika. Hy is digter, skaakspeler, uitgetrede onderwyser sowel as bekroonde komponis en musikant. Van sy gedigte is gepubliseer in o.m. 'Aankoms Uit Die Skemer', 'Groen', 'Reënboogstemme', 'Poskaarte', 'Litnet', 'eDigbundel', 'Universal Poetry', 'Poetry Institute of Africa' en 'Nuwe Verset'.
Floris Brown is betrokke by die aanbieding van skaaktoernooie; musiek en poësiewerkwinkels en het reeds sy buiging op TV; Stellenbosch se Woordfees en by die KKNK gemaak. Van sy werke is ook te vind in Amerika en Engeland.
Hy is onder die eerste vyf uit 87 Nederlandse - De Dichters uit Epibreren - wat vir die Rottend Staal Cultuur Award 2001 genomineer is op 27 september 2001 - De jury: Bart FM Droog, Tjitse Hofman en Jan Klug.

T.T. Cloete - buitengewone professor in die departement Afrikaans, Potchefstroomse Universiteit - het die volgende te sê in Beeld 20:11:2000, oor een van Floris se gedigte in 'Nuwe Verset' - 'nêrens-volkie':

"Onder die bestes is die eenvoudige en aandoenlike 'die nêrens-volkie' met sy tussenin-mense. Die twee soorte gedigte wat die beste indruk maak, is dié oor die bedreiging van Afrikaans en dié oor die 'nêrens-volkie' of die "'tussenin"-mense, soos Brown hulle noem. Party van hierdie tusseningedigte is roerend "- Die gedig kom uit Die Woudmaker (1998).

Hy is ook die skrywer van Gloei (1994) waaroor professor Flip Strydom - Hoof van Geletterdheid, Stigting Vir Afrikaans - in 'n skrywe van 15 Augustus 1995 aan Floris, die volgende te sê het: "U digbundel het werklik 'n koue wintersdag hier by die Stigting vir Afrikaans laat gloei! Op hierdie stadium wil ek net vir u sê dat dit vir my louter plesier was om u verse te lees. Dis heeltemal uniek in Afrikaans!"

Van sy gedigte is ook gepubliseer in Nederland o.m. in Honderd Nieuwe Dichters 3, De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten (samenstelling Gerrit Komrij), Honderd Dichters 1, 'Rottend Staal Online', 'Meander', 'De Gekooide Roos' en 'Gedichten bij de Netring'.

Raadpleeg ook www.google.com voor meer over Floris A. Brown.


SITATE

1. Sukses word gemeet aan diegene wat die wêreld ryker nalaat in dit wat hul kon bied in die tyd toe hul nog geleef het.
2. Die lewe is een lang of skielike kort treinrit. Ons klim op verskillende wyses, daarvan af, op bestemde of onbestemde stasies.
3. Deure wat jy oopmaak, moet jy oophou, vir andere om ook in te stap om van die vrugte aan tafel te eet.
4. Doen alles wat jy doen só goed, dat andere moet sukkel om daarop te verbeter.

BIBLIOGRAFIE

Gloei, 1994
Phoenix, 1996
Waar aasvoëls draai, 1996
Die woudmaker, 1998
Skadu kinders, 1999
Die koei stort 'n traan, 2000
Grysvos, 2000

RIENG-RIENG-RIENG

Is jy ook gehoek aan die elmboog
na die oor konneksie; snel tegnologies
veranderde wêreld laat ons spring
agter die geringste gerieng - rieng - rieng.

Ons bly half-gefokus in alles wat ons doen.
Ons ore staan aldag, heelnag jakkalsspits
vir spoggeluide van die digitale klank; hoe
baie is na die kerkhof, gedieng - dong - dieng.

©  Floris A. Brown, 2001

 

BEWAARDER

Ek 'n selfoon koop!
Nooit gesien nie!
Kyk hoe sit elkeen in sy sel.
Die tralies kan niemand sien nie!

©  Floris A. Brown, 2001

CONTACT

Floris A. Brown: action@absamail.co.za
Posbus 802
Hartzenbergstraat 102
Worcester, Suid-Afrika


alweer zo'n internetpagina uit Epibreren


© Floris A. Brown/Rottend Staal Online 2001. Auteursrecht berust bij de auteurs op basis van de Auteurswet 1912. Er mag niets uit deze website worden overgenomen, opgeslagen op media ter verspreiding onder derden, gepubliceerd of anderszins verveelvuldigd zonder uitdrukkelijke, voorafgaande schriftelijke toestemming van de auteurs.